1.2 Die ontstaan van die lande

Photobucket

’n Rivier het uit die aarde ontspring om die vreugdetuin nat te lei. Van daar het dit in vier verdeel.

Die naam van die eerste deel is Pisjon; dit loop rondom die hele land van Habila, waar daar goud is. Die goud van daardie land is goed. Daar is boomgom en edelgesteentes.

Die naam van die tweede rivier is Gihon; dit loop rondom die hele land van Kus.

Die naam van die Derde Rivier is Tigris; dit loop langs die ooste van Assirië.

Die vierde rivier is die Eufraat.

***

Hoe gou en hoe belangrik is die ontstaan van die riviere nie vir die skrywer nie. Riviere was die belangrikste ding in sy wêreld.

Dit is opvallend dat Jáhoe nie by hierdie deel van die aarde se ontstaan betrokke is nie. Waar hy die aarde, die plante en die mens gemaak het, neem die natuur nou sy eie gang, ’n rivier ontspring (onoorganklike werkwoord) en verdeel die aarde in vier. Jáhoe sit nie agter dié verdelings nie. Dit is nogal interessant – want in die E-narratief skep Elohim juis deur te verdeel – die waters bo die gewelf vs die water daaronder, die dag en die nag, die verskillende klasse diere. Jáhoe se wêreld is daarenteen een waar mens en natuur saamwoon en alles deurmekaar beweeg. Skeidings tree telkens eers in nadat Jáhoe klaar is met sy werk.

Ons gaan in die volgende aflewering na die plesiertuin terugkeer. Luister ‘n bietjie Tori Amos se Original Sinsuality ter voorbereiding.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s


%d bloggers like this: