Die seuns van die gode en dogters van die mens

Photobucket

Dit was toe dat die mense begin het om ‘n menigte op die aarde te word. Hulle dogters het vir hulle kinders gekry.

Die seuns van die gode het gesien die dogters van die mens is goed en het van dié dogters vir hulle as vroue geneem, nes hulle wou.

“My gees sal nie vir altyd by die mens bly nie,” het Jáhoe toe gesê. “Hy is vlees en sal net honderd-en-twintig jaar oud word.”

Die reuse was in dié tyd op die aarde en so ook hul afstammelinge. Die seuns van die gode het na die dogters van die mens gegaan en die vroue vir hulle gevat.

Hulle was die magtige krygers van die antieke tyd, manne van naam.

***

Die stuk is in ‘n opvallende (en grammatikaal vrek moeilike Hebreeus geskryf) wat in styl nogal verskil van die Hebreeus van die tekste rondom dit – ‘n aanduiding sou ek meen dat dit ‘n baie ou teks is, selfs ouer as die meeste tekste waartussen dit in die Pentateug opgeneem is

Onder sommige Judeërs van die Tweede Tempeltydperk sou daar die idee ontstaan dat hierdie voorval die eintlike sondeval is en dat die verderf hierdeur die wêreld ingekom het. In van die Joodse Gnostiese tekste en ook van die apokaliptiese tekste word heelwat aandag aan die voorval gegee – daar word vertel die seuns van die gode het vir mense metaalwerk en allerlei ander kunste geleer wat hulle van hul onskuld beroof het en oorlog die wêreld ingebring het. ‘n Prometheus-tipe teks.

Mens kom in uit Jáhoe se woorde agter hy is kwaad vir die mens oor die fraternisering met die seuns van die gode, maar hy sê nie hoekom dit hom so kwaad gemaak het nie.

Wie is die magtige krygers in die voorlaaste paragraaf? Die seuns van die gode of die reuse? Dit lyk dubbelsinnig, maar dit kan ook wees dat my Hebreeus my in die steek laat.

‘n Nota oor die heel eerste lyn: Die mens se dogters het vir hom kinders voortgebring, staan daar. Broeikaste!
Advertisements

3 Responses to “Die seuns van die gode en dogters van die mens”

  1. Roer Says:

    Nee, jy sal meer hieroor moet se^ asb. Wie was hulle? En die reuse? Wat weet ons oor hulle? “…vir hulle as vroue geneem, NES HULLE WOU…” Daai nonsens het sommer al vroeg begin!!

  2. Bertus! Says:

    Roer, lees ‘n bietjie hier:
    http://en.wikipedia.org/wiki/Nephilim

  3. mnr.muller Says:

    uhm… die meervoud “gode”… het dit nie implikasies nie?

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s


%d bloggers like this: