“Waar is jy?”

Photobucket

In die skemer het die mens en sy vrou Magtige Jáhoe in die plesiertuin hoor wandel. Toe het hulle in ’n boom in die tuin van die aangesig van Magtige Jáhoe weggekruip.

Magtige Jáhoe het die man geroep. “Waar is jy?” het Hy vir hom gesê.

Die mens het geantwoord, “Toe ons u stem hoor, was ons bang, want ons is kaal. Ons het weggekruip.”

“Wie het jou vertel dat jy kaal is?” het Magtige Jáhoe gevra. “Het jy geëet van die boom waaroor ek jou beveel het, jy kan net eet solank jy nie daarvan eet nie?”

“Die vrou wat u vir my gegee het, het vir my iets van die boom gegee om te eet,” het die mens gesê.

“Wat het jy gedoen?” het Magtige Jáhoe vir die vrou gesê.

“Die slang het my bedrieg,” het sy geantwoord, “en ek het geëet.”

***

Wat ’n nare affêre. ’n Paar oomblikke terug het die mens nog self besluit hulle wil die vrugte eet om soos gode te raak, nou skel iemand hulle en dadelik voel hulle skuldig en probeer die verantwoordelikheid rondskuif. Wat is dit met die mense? Hulle is regtig nes kinders.

Advertisements

2 Responses to ““Waar is jy?””

  1. Joh Says:

    Die heel interessantste is dat die slang haar nie bedrieg hettie, Jahoe het! Reeds hier, heel in die begin, het Jahoe die mens met vrees beheer. As hulle nie so vreesbevange was oor hulle “ogehoorsaamheid” nie, sou hulle logies kon sien dat Jahoe die bedrieër was, nie die slang nie.

  2. Bertus! Says:

    Joh, het jy my kommentaar een inskrywing ondertoe gelees? Ek roer daar dieselfde punt aan.

    Ook interessant is dat die woorde sonde en oersonde (original sin) ne^rens in die teks opduik nie.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s


%d bloggers like this: